Dinsdag, 02 September 2014

Besig, besig en nog besiger!! Die dae van proef en student wees raak al hoe minder, maar hoe meer ek deel word van die skool, hoe meer word ek verlief op skoolhou...
Regdeur die proef het ek nuwe dinge probeer en nuwe dinge ondek, een daarvan is "Thunderbolt for kids" wat ek onder " nog dinge vir onnies" gepost het vir almal wat belangstel om dit te gebruik... Dit is een van die hulpbronne wat eg Suid- Afrikaans is en wat volgens ons kurrikulum opgegstel, met ander woorde iets wat 'n antwoord op almal se gebede is! Die website is nog baie nuut, maar ek glo dit maak al 'n groot verskil vir onnies regoor die land!

Daar is nog net  drie weke oor van proef en ek voel al hoe meer welkom in die roeping... Hoop dit is vir almal so en dat alle onnies daar buite nog moed het om 'n verskil te maak op 'n daaglikse basis.... Dit is en sal nooit net maanskyn en rose wees nie, maar dit is definitief die moeite werd om te probeer om 'n verskil te maak en om vir die leerders iets nuuts te leer elke dag!

Donderdag, 31 Julie 2014


PROEF! Dit tyd wat jy as student besef dis jou roeping of nie!Ek is moeg en uitgeput, maar besef definitief dis die moeite werd, na ek die berig gelees het en weer besef het wat ons roeping behels en hoekom ek so passievol is daaroor, gaan lees gerus hoekom onderwys die moeite werd is!
http://huisgenoot.com/blogs/8-redes-waarom-onderwys-die-moeite-werd-is/

Ek glo ook dat om 'n onderwyser te wees, jy moet streef na verbetering en om 'n verskil te maak! Ek maak nog elke dag foute en sal seker nog elke dag in die toekoms maak, maar solank ek daaruit leer, glo ek, sal ek die beste onnie wees wat ek kan wees!
Glo in jouself en in dit wat jy wil bereik en die res sal self kom!
Groete uit die klaskamer...

Glo dis die waarheid!


As die dag dalk te lank raak...



Donderdag, 17 Julie 2014

Nog insperasie en idees vir ons roeping

Ek het 'n website ontdek wat oulike power points bevat, besoek dit gerus, al is dit engels, kan dit nogsteeds inligting verskaf wat jy as onderwyser dalk nodig het... Veral tydens proef!www.slideshare.net

Daar is ook oulike idees wat jy in die klaskamer kan gebruik by http://www.boardworkseducation.com waar hulle jou help om jou power point interaktief te maak, sekere idees is verniet, maar ander kan ietsie kos... Dink net dis oulik en maklik om te gebruik in enige fase of klaskamer in die skool.

Daar nog net 'n paar dae voor ons met die proeftydperk begin daarom vind ek dit belangrik om websites ens met almal te deel wat dalk belangstel om die hulpbronne te gebruik.

Kyk vir na die oulike video wat jy ook kan gebruik om leerders te leer oor die dele van 'n plant by https://www.youtube.com/watch?v=sXrnHff2Kjc&index=3&list=PL1D9218000002920E.

Sterkte vir almal wat gaan proef die kwartaal ook aan die onderwysers wat klaar in die roeping is en hul verskil maak...
Bietjie insperasie!

Donderdag, 26 Junie 2014

Eerste dag as blogger...

My storie begin op 'n plaas op die platteland in die Suid - Kaap waar ek groot geword het as die jongste van vier dogters. Almal met verskillende drome, maar almal met dieselfde liefde vir die natuur. Vanaf ek kon onthou wou ek al 'n juffrou/onderwyser/onnie wees wat 'n verskil wou maak en my liefde vir die natuur wou deel.

Vandag is ek in my vierde jaar van my graad in Onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch en geniet nog elke oomblik van die avontuur! My hoofvakke is wiskunde en natuurwetenskappe.  Vanaf tweede jaar begin ons te proef en begin jy die gevoel te kry van wat onderwys regtig is, wat die uitdagings is en hoe om dit te hanteer. My ondervindinge sover was uitdagend, maar het my liefde vir die roeping, al hoe meer begin verdiep...

In die blog gaan ek my ondervinding in die beroep deel en ook veral dinge wat die roeping vir my so spesiaal maak.  My laaste proef wat die hele derde kwartaal van die skool jaar insluit is naby en ek glo dit sal my nog meer opgewonde maak om een van die dae my eie klaskamer te hê!
Hier volg 'n paar foto's wat my beskryf en my beter bekendstel.
Die plek waar ek vandaan kom... 
In die NW klas op Stellenbosch: Die nier

Oppad na Nuweland om die Stormers te ondersteun


My gunsteling sê-ding oor my roeping
Laas jaar as proef onnie by Slangrivier Primêr